Johann P. Boshoff   Johann P. Boshoff  

JOHANN P. BOSHOFF (Jan Kempdorp, 1956) het sy kleinkinddae in Johannesburg deurgebring, in 1973 aan die Hoërskool Sentraal Bloemfontein gematrikuleer en in Maart 1983 sy BA Hons. in Afrikaans-Nederlands (letterkunde) aan die Universiteit van Johannesburg ("RAU") verwerf..
indentBoshoff was beroepsgewys onder meer onderwyser, taalpraktisyn en koerantsubredakteur. Tans woon en werk hy in Pretoria.
As skrywer het hy, benewens bydraes tot ander boeke en joernalistieke werk, altesame 34 boeke reeds die lig laat sien, waarvan 14 akademiese boeke en 9 Christelike boeke deur uitgewers uitgegee is en 11 selfpublikasies was, hoofsaaklik letterkunde.
Sy grootste eerbewys was toe hy in Februarie 2008 as Afrikaanse Skrywer van die Dekade (vir die bevordering van nasiebou deur veeltaligheid) deur die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) vereer is.

         
     
 
 
  Jongste nuus    

 
 
     
 
   
  Dienste

    Vertaling

    Taal- en teksversorging

    Proeflees (L.W. Dit is nié dieselfde as ligte taalversorging nie.)

    Teksvergelyking (Afrikaanse vertaling met Engelse bronteks)

    Teksevaluering

    Sagte joernalistiek vir gedrukte media

    Mediaverklarings

    Kopieskryfwerk

    gelde
 
     
 
   
  Boeke
book1        

Digsels

Rangeerwerf

Voorbladfoto: Anso ten Have

Volledig Christen, volledig méns

Voorbladillustrasie: Riêtte Carter

Dag van die bloeisel

Voorbladfoto: Petro Maartens

     

In druk:
Christelike oordenkingsbundels (Aktuapers):
Volledig Christen, volledig méns, Jesus bid, Hierdie Jesus, Gee my Jesus, Volg jý My!, Werklik vry en U koninkryk in my.
Ander:
Lydensgebede (omdigting van Eric Milner-White-gebede), Rangeerwerf (bundel homofiliese kortverhale)
Dag van die bloeisel (kort jeugnovelle) en Digsels: 'n lewe in versvorm bundeling van outobiografiese gedigte

 
     
         
  Kyk na    

Soek "Johann P Boshoff" op –
http://argief.volksblad.com/cgi-bin/volksblad.cgi
http://argief.beeld.com/cgi-bin/beeld.cgi
Google & Yahoo

         
 
 
   
  Kontak  

Johann P. Boshoff

E-adres:
Faks:
Sel:
Info@johannpboshoff.co.za
086 614 9068
076 846 7553
   
     
 
     
  Johann P. Boshoff Skrywer, vertaler, taalversorger, joernalis